Monday, February 7, 2011

Maxeen en die skoonma

Maxeen word Woensdag vyf! Sy is my jongste en my meisiekind. Maxeen is onverskrokke, "loud" en vreeslik uitgesproke! Maxeen sien die wereld heel ongekompliseerd. Dinge is eenvoudig vir haar. Die belangrikste persoon in die wereld is MAXEEN! En sy reken ons amal is op aarde om Maxeen gelukkig te hou.

So gaan haal ons iets by skoonma vanoggend! Wie my skoonma ken, sal weet, sy is n klein, maer vroutjie met bleek lippe, yl hare en n gawe hart.

Maxeen is ongelooflik opgewonde oor haar verjaardag wat kom. Sy kyk haar ouma (wat bewe van die vroee oggend koue) so skeef aan en se met so n geheimsinnige glimlag. "Look how excited my Granny is about my birthday. She is even shivering from excitement!"

Maxeen is heel gelukkig met haar wete dat amal se wereld om Maxeen draai! Mag die kind saggies ontnugter word!

Liam word volgende maand agt. Hy is die middel kind en tog so bedagsaam. Liam is versigtig, slim en n denker. Liam is vreeslik bang vir natuur-rampe, die donker en narre. Dis vir Liam baie belangrik dat mense van hom hou en Liam dink oor die groot kwessies van die lewe. Dinge soos: wie is sterker Jesus of Spiderman? Het Jesus ook n no 2 in die toilet gedoen? Wat is kleiner as n kiem? En dan eindelose bekommernis oor die konstruksie van ons huis en sal dit n tornado, n vulkaan of n tsunami oorleef?Liam het gistraand op die rype ouderdom van agt vir my gevra of hy maar vir Jesus kan bid en vra dat hy "peaceful" kan doodgaan.

My hart ruk net aan die blote gedagte dat iets met my kind moet gebeur! Ek dink egter my kind het iets beet......ek dink dis ons amal se wens om eendag "peaceful" dood te gaan.

My kinders hou my voete geanker as ek verlore raak in die somme en syfers van my werk en die strewe na roetine van elke dag se leef. My tienerseun Keigan, herhinder my hoe "uncool" ek is, nes ek dink ons doen n goeie "job" van ouerskap. My kinders hou my nederig en laat my besef daar is groter kwessies in die lewe as die keuse van n mediese fonds, of hoeveel moet ek die tuinjong betaal, daar is die kwessie van of my huis sterk genoeg is om n tsunami te oorleef!

1 comment:

  1. Ek hoop Maxeen het 'n heerlike verjaarsdag en ek is so lief vir haar... en jou!

    ReplyDelete