Wednesday, December 8, 2010

Die pot noem die deksel skeef!

Gister gesels ek met n kollega. Sy is in haar laat middeljare en erg oorgewig. Die gesprek loop so:

Kollega:     "Riana, but you are very fat!"
Riana:         "I know, I know" (Wat kon ek anders se?)
Kollega:     "You really need to diet." (Noem die pot die deksel skeef!)
Riana:         "Yes, I know Phidelia"
Kollega:      "No, really you are fat"
Riana:          "Sorry Phidelia"
Kollega:      "You are too big, man"
Riana:          "Ja, I know"
Kollega:      "It is so sad, so sad" (Sy skud haar kop treurig en moedeloos)

Ek het n paar vrae....

Kyk sy nie in die spieel nie?
Was dit nodig om my te vertel wat ek weet?
Is dit rerig so treurig?
Is ek nie meer as my lyf nie?
Kan ek nie n ander kollega kry nie?
Hoekom weeg ek nie 52 kg nie?
Kan n vet girl sexy wees?

Ek weet ook nie of ek al die antwoorde wil hoor nie!

Monday, December 6, 2010

RQIM

Ek beplan die blog al vir n rukkie. Lank geloop en dink wat sou ek my blog noem. Uitendelik besluit op "Dagboek van n RQIM" Die RQIM is my nuwe posbenaming. Regional Quality Improvement Mentor in Ventersdorp vir Wits Health Institute, so ewe. Die naam vir die blog klink belangrik en tegnies al gaan die inhoud nie noodwendig dieselfde wees nie. Die naam van my blog en die inhoud gaan ook nie noodwendig met mekaar verband hou nie. Ek wil egter skryf oor wat in my kop en hart aangaan en die blog behoort die doel te dien.

So here goes nothing........