Wednesday, April 18, 2012

My emmer-skop lys

My emmer-skop lys

Hierdie is my emmer-skop lys.

  1. Ek wil geromance word deur n man (verkieslik myne) Kerse, blomme, olie, masseer, sjokelade, surprise wegneem aande, musiek, asem snak mooi gebare. Alles. Ek wil dit met my hele hart ervaar.
  2. Ek wil leer surf.(Ja, hou op verstik, ek wil leer surf in die see)
  3. Ek wil in sneeu speel, met n mooi rooi jas aan en handskoene en n serp en n mus en ek wil 50 kg weeg.
  4. Ek wil oud word by n huisie by die see. Die Kaapse see verkieslik.
  5. Ek wil die dag sien dat Ryno n deeglike werk kry.
  6. Ek wil na n stilte en meditasie sentrum gaan vir n maand en leer om te luister, rerig te luister.
  7. Ek wil n musiek instrument leer speel.
  8. Ek wil tswana leer praat.
  9. Ek wil n Nickelback konsert bywoon.
  10. Ek wil n Jan Blohm show bywoon.
  11. Ek wil vir Ruan en Michel gaan kuier.
  12. Ek wil leer om die strepie op Michel se naam te doen op die rekenaar.
  13. Ek wil Keith bederf met n week se visvang by die see.
  14. Ek wil my kinders se kinders sien groot word.
  15. Ek wil Christo se Mirriam skildery he.
  16. Ek wil n kersfees spandeer sonder skottelgoed was.
  17. Ek wil n regverdige bevordering he.
Ek is seker die lys gaan nog verander.