Thursday, January 6, 2011

Gister

Dit voel asof ek gister nog twintig was.....ma die realiteit van die lewe is dat ek elke dag ouer word. Tik-tok, tik-tok deur my dertiger jare, tik-tok in my veertigs, een van die dae is ek sewe-en-sestig en dan is my honderd jaar amper op!

Van my twintigs tot nou het ek baie geleer en geleef. Ek het tot die volgende slotsom gekom oor my eie veroudering en "wysheid"
  • Die liefde is nie soos in Mills en Boon boeke nie. Dis in realiteit baie beter en dieper en baie meer gekompliseerd as bloot net begeerte.
  • Verjongingsrome werk nie. Maak nie saak hoe duur dit is nie.
  • Peetkinders voel soos jou eie.
  • Karre, huise en goed maak my nie gelukkig nie.
  • Vriendinne word familie na n paar jaar.
  • Mens kan resepte boeke lees vir ontspanning.
  • Ek voel veiliger as dinge op hulle plek en georganiseerd is.
  • n Sekere mate van rassisme is deel vn my DNA of ek daarvan hou of nie.
  • Ek is bang vir dronk mense wat skree en ruk-en-pluk.
  • Ma -wees, was toe my destiny.
  • Artrites is in my gene en my bene.
  • Ware liefde vergeef alles. Rerig alles!
  • Mens kan "gesuspend" word by die biblioteek.
  • Ek gee om vir moeder aarde.
  • Ek sien "God" en geloof anders as ander mense, en dis o.k! God is lief vir my.
  • Mens word stok blind sodra jy veertig word.
Ek weet, ek weet, die "wysheid" is seker net sinvol vir my. Elke ou het seker maar sy eie wysheid! My wysheid is maar net n paar lyne op die blog maar dit het gekom van baie leef, trane, lag en wroeg. En op die gryse ouderdom van drie-en-veertig besef ek hoe geseend ek is om al die lewenslesse steeds redelik ongeskonde te kon oorleef. En daarvoor se ek dankie!