My emmer-skop lys
Hierdie is my emmer-skop lys.
- Ek wil geromance word deur n man (verkieslik myne) Kerse, blomme, olie, masseer, sjokelade, surprise wegneem aande, musiek, asem snak mooi gebare. Alles. Ek wil dit met my hele hart ervaar.
- Ek wil leer surf.(Ja, hou op verstik, ek wil leer surf in die see)
- Ek wil in sneeu speel, met n mooi rooi jas aan en handskoene en n serp en n mus en ek wil 50 kg weeg.
- Ek wil oud word by n huisie by die see. Die Kaapse see verkieslik.
- Ek wil die dag sien dat Ryno n deeglike werk kry.
- Ek wil na n stilte en meditasie sentrum gaan vir n maand en leer om te luister, rerig te luister.
- Ek wil n musiek instrument leer speel.
- Ek wil tswana leer praat.
- Ek wil n Nickelback konsert bywoon.
- Ek wil n Jan Blohm show bywoon.
- Ek wil vir Ruan en Michel gaan kuier.
- Ek wil leer om die strepie op Michel se naam te doen op die rekenaar.
- Ek wil Keith bederf met n week se visvang by die see.
- Ek wil my kinders se kinders sien groot word.
- Ek wil Christo se Mirriam skildery he.
- Ek wil n kersfees spandeer sonder skottelgoed was.
- Ek wil n regverdige bevordering he.