Van my twintigs tot nou het ek baie geleer en geleef. Ek het tot die volgende slotsom gekom oor my eie veroudering en "wysheid"
- Die liefde is nie soos in Mills en Boon boeke nie. Dis in realiteit baie beter en dieper en baie meer gekompliseerd as bloot net begeerte.
- Verjongingsrome werk nie. Maak nie saak hoe duur dit is nie.
- Peetkinders voel soos jou eie.
- Karre, huise en goed maak my nie gelukkig nie.
- Vriendinne word familie na n paar jaar.
- Mens kan resepte boeke lees vir ontspanning.
- Ek voel veiliger as dinge op hulle plek en georganiseerd is.
- n Sekere mate van rassisme is deel vn my DNA of ek daarvan hou of nie.
- Ek is bang vir dronk mense wat skree en ruk-en-pluk.
- Ma -wees, was toe my destiny.
- Artrites is in my gene en my bene.
- Ware liefde vergeef alles. Rerig alles!
- Mens kan "gesuspend" word by die biblioteek.
- Ek gee om vir moeder aarde.
- Ek sien "God" en geloof anders as ander mense, en dis o.k! God is lief vir my.
- Mens word stok blind sodra jy veertig word.